Nog verbruikersboikotte op pad

Nadat verbruikers die Spur restaurantgroep geboikot het en dit daartoe gelei het dat verskeie takke hulle deure moes sluit na hulle rassistiese optrede, dreig dieselfde verbruikers met nog twee boikotte.

Lesers van die Afrikaanse gesinstydskrif, Huisgenoot, is hoogs ontstoke oor dié tydskrif se uiters positiewe berig oor die blanke en Afrikaner hater, Julius Malema, se derde kind wat binnekort gebore gaan word. Malema is berug vir sy sing van liedjies soos “Skiet die Boer” en dergelike, en lesers reken dat hy geen plek in ‘n Afrikaanse tydskrif verdien nie, veral nie omdat dit so positief aangebied word nie.

Die tweede wat gaan deurloop, is die SAUK se radiodiens wat besluit het om geen rugby meer op Saterdae uit te saai nie. Dit sluit die Afrikaanse radiodiens, RSG in. RSG gaan skynbaar wel voort om sokker uit te saai, wat uitsluitlik ‘n swart sport is waarvoor Afrikaanssprekendes geen of weinig belangstelling het nie. Luisteraars voel dat die sokker in hulle kele afgedruk word, en dat hulle daarom nie meer na RSG gaan luister nie. Dit kan ‘n invloed hê op die inkomste van die radiodiens, aangesien adverteerders minder of glad nie gaan adverteer as luistergetalle afneem. Die reeds bankrot SAUK kan dit nie bekostig nie, maar die politieke agenda van die bestuur staan bo die ekonomiese realiteit en wense van luisteraars.