Merkel ondersteuners wil koalisie kelder

Die groot sakemanne in die kamp van kanselier Angela Merkel se Christen Demokratiese Unie (CDU) het begin dreig dat hulle ’n stop gaan sit op die belangrikste besluite in die koalisie ooreenkoms met die sosialiste.

Van die sakemanne meen die Merkel onderhandelings het te veel, en te groot toegewings aan die sosialiste gemaak.

Hulle sê daar is vyf uiters belangrike ministersportefeuljes in die Duitse kabinet, wat in die hand van die regerende CDU moet bly.

Van die vyf het Merkel die poste van finansies en buitelandse sake verruil om die koalisie saam te stel, en het dus net die portefeuljes justisie, binnelandse sake en verdediging gehou, wat haar regering in ’n baie swakker posisie plaas.

Een van die ontevredenes sê dat Merkel se onderhandelings en die weggee van twee van die belangrikste portefeuljes, het nou effektief gesorg daarvoor dat die sosialiste die land regeer.

Politieke ontleders voorspel dat die koalisie regering die einde van Merkel se bewind ingelei het, veral toe die CDU se jeug ook hulle afkeer en misnoeë te kenne gegee het.

Intussen het ’n meningspeiling getoon dat die meerderheid kiesers sterk gekant is teen die moontlikheid dat die leier van die Sosialiste Party, Martin Schulz, ’n pos as minister moet beklee.

Foto – Kanselier Angela Merkel