Merkel maak koalisie toegewings

Olaf Scholz, ’n voormalige burgemeester, sal nou as lid van die linkse Sosiaal Demokrate Party in Duitsland, die nuwe minister van finansies word.

Die leier van die sosialiste, Martin Schulz, het daarop aangedring dat hy die amp as minister van buitelandse sake beklee, wat daarop dui dat die Sosialiste die belangrikste portefeuljes sal beman.

Met die indeling het talle leiersfigure van die Christen Demokrate Unie en die Christen Sosiale Unie van Bavaria hulle misnoeë uitgespreek oor die “kaping” van die mees senior poste in die kabinet.

Kenners sê die toegewings is onder hewige druk van die sosialiste gemaak, en is ook ’n aanduiding van die swak posisie waarin kanselier Merkel verkeer om die belangrikes poste aan die sosialiste toe te ken ten einde ’n regering saam te stel.

Ontleders wys daarop dat daar niks van die Christen Demokratiese Unie (CDU) oorgebly het nie, behalwe Angela Merkel.

Foto – Olaf Scholz