Macron weier Corsika vertoë

President Emmanuel Macron van Frankryk het tydens sy besoek aan Corsika ’n uitnodiging gerig tot die nasionaliste om ’n gesprek te voer oor hulle eis om groter outonomiteit vir die eiland.

Die nasionaliste het Macron versoek om die Frans beheerde eiland met groter outonomie te beklee, maar president Macron het dit van die hand gewys.

Die nasionaliste het ook versoek dat Korsikaans erken word as die streek se amptelike taal, maar die sosialistiese leier van Frankryk het ook nie daaraan toegegee nie.

Die enigste toegewing wat Macron bereid is om te maak, was om die dekade lange versoek dat die eiland in die Grondwet van die land erken word as deel van Frankryk.

Woordvoerders van die regerende nasionalistiese party het later gesê die Franse president het ’n geleentheid gehad om beter verhoudinge met die eilandbewoners te vestig, maar het dit verbeur.

Die spog dinee wat aangebied is vir president Macron, is toe deur die nasionaliste geboikot, en die twee hoofleiers het later aangesluit by die vergadering waartydens Macron ’n toespraak gelewer het.

Foto – President Macron (L) en nasionalistiese leiers