Lamoer pleit skuldig

Na maande se ondersoek en heen en weer ontkennings, het die vorige Wes-Kaap kommissaris van polisie, Arno Lamoer, skuldig gepleit op sekere aanklagte van korrupsie, geldwassery en afpersing.

Dit volg na bewerings dat Lamoer en die staat ‘n ooreenkoms sou aangaan.

Kenners is bekommerd oor die feit dat hy dus slegs op ‘n paar van die 108 sake teen hom skuld gaan erken en dan gaan wegkom met ‘n ligte vonnis.

Brigadiers Darius van der Ross en Sharon Govender staan saam met Govender se man Colin  en Lamoer tereg op die aanklagte.

Die polisieman op straat vra die vraag of daar nog êrens in die topstruktuur ‘n eerlike polisie offisier is?

Intussen het tien verdagtes, waaronder drie polisie offisiere, in die hof op Fochville en Virginia verskyn op aanklagte dat hul plofstof verskaf het aan verdagtes wat betrokke is by OTM- en kontant-in-vervoer ontploffings.