Kerrieperskeslaai

Vinnige kerrieperskes vir Vrydagaand se braaivleis. Maklike resep met ingelegde geelperskes. U kan ook vars perskes gebruik en dit vir ‘n minuut of twee gaarkook.

 

Kerrieperske slaai:

Bestanddele:

1 blik ingelegde geelperskes

1 blik appelstukke

3 uie in ringe gesny

1 groen of rooi soetrissie in ringe gesny

1 kop suiker

5 ml kerrie

5 ml borrie

125 ml asyn

sout en peper na smaak

1 eetl mielieblom (maizena)

 

Metode:

Gebruik die perskesous saam met die asyn, suiker, kerrie en borrie en laat dit opkook.

Voeg die ui en soetrissie by en kook weer.

Maak die mielieblom aan met ‘n klein bietjie water en voeg by die sous en kook tot effens verdik en gaar.

Voeg die perskes en appel by en roer deur.

Laat afkoel en verkoel.

 

Eet sommer lekker aan die koue perskeslaai.