Israelse vegvliegtuig afgeskiet in Sirië

’n Vegvliegtuig van die Israelse lugmag is Saterdagoggend neergeskiet deur die Siriese lugafweerstelsel nadat Israel ’n lugaanval uitgevoer het op ’n Iranse militêre basis op Siriese grondgebied.

Dit is die eerste keer sedert die uitbreek van die oorlog in Sirië dat Israel ’n vegvliegtuig verloor en boonop ook die vlieënier wat oorlede is.

Die Israeliese lugmag het Saterdag nie minder nie as 12 aanvalle gedurende die oggend op die militêre basis uitgevoer as vergelding vir die Iranse hommeltuig wat die Israelse lugruim vroeër geskend het.

’n Woordvoerder van die Israelse weermag het gesê die Iranse regering speel met vuur om te probeer spioeneer in Israel.

Kort nadat Israel verneem het van die verlies van sy vegvliegtuig het hy ’n aanval uitgevoer op die stelsel van die Siriese regering.