Hewige aardbewing skud Taiwan

’n Hewige aardbewing wat die Richterskaal op 6,4 laat staan het, is in Taiwan gemeet en minstens 100 mense word vermis.

Groot geboue soos woonstelblokke en kantoorblokke het in duie gestort terwyl ander wankel en nie verder bewoonbaar is nie.

Meer as 120 mense kon gered word van ’n gewisse dood uit geboue wat wankelend is en enige oomblik inmekaar kon sak.

Duisende woonhuise is sonder elektrisiteit en die watertoevoer is afgesny, wat die gevaar van siektes verhoog.

Wetenskaplikes sê dit is wonderlik om te sien dat mense kalm en doelgerig werk om die skade te oorbrug, en het gewaarsku dat minstens 5 tot 8 naskokke nog sal volg wat die skade verder verhoog.

Die stad Hualien met sy meer as 100 000 inwoners  is ’n gewilde vakansie tuiste van baie oorsese toeriste wat vir ’n geruime tyd ontwrig sal wees tot al die herstelwerk gedoen is.