Duisende Nederlanders koop digitale munte

Niks is so aantrekliker vir die belegger as ’n bo-gemiddelde beleggingskoers nie, en dit is waarskynlik die hoofrede waarom sowat 580 000 Nederlanders ’n belegging gemaak het in digitale (virtuele) munte.

Die aanvanklike 135 000 het gegroei tot 480 000, en het onlangs op sowat 580 000 gestaan wat ’n totaal van nagenoeg 900 miljoen euro gewaag het in die “onsigbare” betaalmiddel.

Van sekere munte se beleggingswaarde het intussen ietwat gestyg, maar van die honderde verskillende digitale muntstelsels is daar ook die wat met 50% gedaal het in waarde.

Duisende Nederlanders beweer dat hulle verliese het met die beleggings, en baie sê hulle het spaargeld gebruik om die vreemde belegging te maak.

Na raming het mense oor die wêreld ’n totale belegging in die verskillende digitale munte gemaak van sowat 674 miljard euro (sowat R10 000 miljard).