Die klug van Koreaanse eenheid

Members of the North Korea cheering group gather before a welcome ceremony inside the Gangneung Olympic Village prior to the 2018 Winter Olympics in Gangneung, South Korea, Thursday, Feb. 8, 2018. (AP Photo/Felipe Dana)

Politici, en veral die kommunistiese leier van Noord-Korea, maak misbruik van die Olimpiese Winterspele in Suid-Korea, om sy aansien in die wêreld te probeer verhoog met die saamstap parade van sportlui tydens die opening seremonie.

Atlete van Noord en Suid stap saam tydens die opening van die Winterspele in Pyongchang, terwyl hulle onder een vlag voor die duisende mense verbystap.

Die kommuniste probeer met die ooreenkoms wat bereik is, om gesamentlik deel te neem aan die seremonie, die ou wonde van skeiding weer oop te krap, en wil daarmee die gevoel van werklike eenheid versterk.

Die opwelling van emosies het wel hoog geloop onder die ouer garde wat steeds sukkel om die verdeeldheid te aanvaar omdat baie van hulle se familie in die oorkantste land woon, maar die nuwe opkomende geslag het nie dieselfde gevoelens nie.

Vir hulle is Noord-Korea die land van die kommunis, en die land wat vrede en demokrasie bedreig, terwyl die jongeres in die noordelike staat glo hulle heil lê in die ontwikkeling van kernwapens.

Kim Jong-Un het nie verniet sy invloedryke suster na die Spele gestuur om met die president van Suid-Korea te vergader nie, want die hoofdoel is en bly om Korea te herenig onder die kommunistiese vlag.