11 000 hektaar vernietig

11 000 hektaar weiding en plantegroei is vernietig in brande in die Buffelsrivier en Sanddrift omgewing, asook ‘n brand wat in die Swartberg omgewing gewoed het.

Die brande is geblus en word deur Eden Munisipaliteit, Working on Fire en CapeNature dopgehou.