Zuma laat staatskaping ondersoek

ANC staatshoof Jacob Zuma het ingegee voor ‘n hofbevel van die hof deur ‘n kommissie na staatskaping in te stel, maar hy het die raamwerk so wyd gestel, dat dit dalk tot ‘n jaar kan neem om die raamwerk behoorlik te omskryf. Daardeur het hy strategies vir homself tyd gekoop.

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, is gedeeltelik tevrede dat Zuma wel haar aanbeveling gedeeltelik uitgevoer het. Sy het egter aanbeveel dat die hoofregter die kommissie moet aanstel – iets wat Zuma gesystap het deur die adjunk-hoofregter aan te stel.

Foto: Die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela