Zim opposisieleier tree uit

Die Zimbabwe opposisieparty se leier, Morgan Tsvangirai, wat gediagnoseer is met kolonkanker het besluit om die tuig neer te lê.

Sy uittrede volg te midde daarvan dat Zimbabwe later vanjaar ’n algemene verkiesing sal hou om ’n nuwe regering saam te stel nadat Robert Mugabe die trekpas gekry het.

Morgan Tsvangirai het Maandag aangekondig dat hy uittree as leier van die opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, en ook as opposisieleier in die parlement.

Tsvangirai sê dit het tyd geword vir die ouer garde om terug te staan en plek te maak vir die jonger geslag om die politieke leisels oor te neem.

Die 65-jarige Zimbabwiër gaan vir gereelde kankerbehandeling na Suid-Afrika sedert hy in 2016 gediagnoseer is.

Na verwagting sal Zimbabwe in die tweede helfte van die jaar ’n algemene verkiesing hou om die huidige tussentydse regering te vervang, of moontlik te kies.

Foto – Morgan Tsvangirai