Wêreld Nuusflitse – 24 Januarie

Frankryk

Die kettingwinkel reus Carefour, in Frankryk het aangekondig dat hy sowat 2 400 werknemers wat ingestem het tot vrywillige aflegging, eersdaags sal ontslaan as deel van die 10 500 werknemers.

 

Duitsland

Die Sosialiste het besluit dat hulle leier, Martin Schulz, nie ’n ministeriële pos mag beklee in die regering van kanselier Angela Merkel indien hulle sou ooreenkom om ’n koalisie te vorm nie.

 

Brittanje

Die nasionalistiese politieke party, Ukip van Brittanje, se krisis het verder vererger nadat die leier amptelik aangekondig het dat hy nie sal bedank nie, te midde van die bedanking van ses hoofbestuurslede wat weier om verder saam met hom te dien.