Wêreld Nuusflitse – 2 Januarie

Fietsryer

’n Vrou in Brittanje is in hegtenis geneem nadat sy helder oordag poedelnakend op ’n motorfiets in die straat gery het, selfs afgeklim het en ’n blinde man onderstebo gestamp het.

 

Gratis groente

’n Winkelier in Brittanje het sowat tien winkeltrollies vol oorblywende groente na Kersdag gepak en op die stoep laat staan met ’n kennisgewing daarby dat dit gratis geneem mag word deur kliënte.

 

 Spinnekop

’n Vrou wat skoene aangepas het in ’n skoenwinkel, is deur ’n spinnekop gebyt wat in een van die skoene geskuil het, maar kon gelukkig betyds by ’n dokter kom om met ’n teengif behandel te word.