Waterprobleme in die Vrystaat

Twintig dorpe in die Vrystaat ondervind ‘n watertekort, of die water wat voorsien word is nie higiënies nie.

Dit wil voorkom of dieselfde probleem as elders in Afrika ondervind word as gevolg van watersuiweringsaanlegte foutief  of glad nie funksioneer nie. Personeel wat nie bevoeg is om aanlegte te bestuur nie, maak die probleem nog groter terwyl instandhouding van toerusting en pype nie bestaan nie.

ANC-beheerde munisipaliteite het die infrastruktuur laat verval as gevolg daarvan dat hulle geen instandhouding gedoen het nie die afgelope 23 jaar, en die geld gebruik om hulle eie salarisse buitensporig te verhoog.