Waar is die spioenasie satelliet?

’n Hoogs geheime spioenasie satelliet van Amerika, wat deur Elon Musk se SpaceX gelanseer is en in ’n wentelbaan om die aarde moet draai, het klaarblyklik elders heen verkas.

Die satelliet wat Sondag gelanseer is het volgens ’n woordvoerder van die Amerikaanse Pentagon, nie in ’n wentelbaan gegaan nie

Volgens die Amerikaanse minister van verdediging is dit onbekend waar die satelliet is, en beweer dat die lansering ’n algehele mislukking is.

Die wêreldberoemde SpaceX met sy Falcon lanseerder het vanaf Kaap Canaveral sy satelliet lanseer, maar volgens die Pentagon het daar ’n tegniese probleem ontstaan wat die lansering laat misluk het.

’n Woordvoerder van die miljardêr en tegnoloog, Elon Musk, wou egter nie verdere besonderhede bekend maak oor die mislukte lansering nie.

Skeptiese waarnemers sê die spioenasie satelliet het heel waarskynlik in ’n wentelbaan gegaan wat nie so maklik opgespoor kan word nie.