VSA se “stilstand” beëindig

Die Amerikaanse parlementariërs het ’n onderlinge ooreenkoms bereik om die “gedwonge stilstand” te beëindig en daarmee te verhoed dat departementele afdelings vir onbepaalde tyd sou moes sluit.

Die ooreenkoms is bereik na drie dae van “sluiting” nadat die Demokratiese Party teen die begrotingsvoorstelle gestem het omdat hulle gekant is teen die Republikeine se beleid om onwettige immigrante te deporteer.

Die ooreenkoms het tot gevolg dat 81 van die 100 senatore die wetsontwerp gesteun het, en daarmee die “stilstand” beëindig het.

Die Senaat het ’n minimum van 60 stemme ten gunste van die wetsontwerp benodig om goedgekeur te word.

Die ooreenkoms is goedgekeur vir die kort termyn wat geldig bly tot 8 Februarie, en is bereik om die “stilstand” te beëindig.

Die stilstand het die gevaar ingehou dat amptenare nie betaal kon word nie, en dat duisende sou moes huiswaarts keer omdat hulle nie vergoed kan word nie weens die feit dat die begroting nie goedgekeur is nie.

Foto – Amerikaanse Senaat