VSA deporteer duisende immigrante

Die regering van president Donald Trump het besluit om meer as 200 000 onwettige immigrante uit El Salvador terug te stuur na hulle land.

Die immigrante, wat deur Barack Obama se regering tot die land toegelaat is tydens sy bewind, word teruggestuur ingevolge die Trump-regering se beleid oor immigrante.

Die immigrante moet Amerika verlaat voor 2019 anders kan hulle vervolg word, en daarmee het die owerheid kritiek ontvang van die linkse Demokratiese party.

Die woordvoerder van die Amerikaanse Tuisland Beveiliging, Kirstjen Nielsen, sê die immigrante is woonplek gegun nadat hulle gevlug het uit El Salvador met die geweldige aardbewings wat etlike jare gelede aldaar ondervind is.

Hy sê die gevaar in El Salvador is verby, en daarom kan die VSA hulle nie langer huisves nie, maar kenners wys daarop dat die land gereeld hewige aardbewings het wat dit die gevaarlikste land maak om te bewoon.