Volkswagen bly Nommer Een

Die Volkswagen familie het te midde van ’n hewige aanslag teen hom, daarin geslaag om steeds nommer een in die wêreld te bly met voertuig verkope.

Die fabrikant het meer voertuie in 2017 verkoop as in enige vorige jaar, en daarmee sy plek as die grootste verkoper behou.

Volkswagen het sy bemarking uitgebrei en die Sjinese mark ontgin, en daarmee sy nuwe rekord opgestel terwyl die wêreld gevrees het dat die fabrikant sy deure gaan sluit na die geweldige boetes weens die dieselgate skandaal.

Volgens die interne vooruitsigte, het Volkswagen meer as 10,5 miljoen voertuie verkoop, wat aansienlik meer is as die vorige rekord van 10,3 miljoen.

Die finale syfer is nog nie bepaal nie, en kan selfs nog meer word, wat onder sekere senior beamptes dit op 10,7 stel.

Toyota het in 2017 sy verkope opgestoot na 10,4 miljoen, wat hom net ’n kortkop agter Volkswagen laat in die tweede plek.