Vermeende misdadigers in die hof

 

Sophia Meyer, 28-jarige vrou van die skilder Walter Meyer, is in Upington op borgtog van R2 000 vrygelaat. Sy word verdink van die moord op haar man deurdat sy hom na bewering met ‘n mes doodgesteek het na ‘n argument. Sy moet weer in Februarie in die hof verskyn.

In Port Elizabeth het die Blou Bul onder-21 speler, Khwezi Mafu, in die hof verskyn op ‘n klag van verkragting van ‘n jong vrou. Sy saak is vir verdere ondersoek uitgestel tot Maandag en hy bly in aanhouding tot dan.

Foto: Sophia Meyer saam met haar man Walter en kinders