Vals dokumente en werk

Die Vryburger het onlangs berig oor vervalste matrieksertifikate, en sopas het Satawu hul provinsiale sekretaris in Gauteng afgedank.

Dit het aan die lig gekom dat hy ‘n onwettige immigrant uit Zimbabwe is.  Hy het volgens Binnelandse Sake sy SA (vals) ID op ‘n bedrieglike wyse bekom.

Hy het nou selfs sover gegaan om teen sy skorsing beswaar te maak maar dié is van die hand gewys.