Twee sekuriteitswagte gedood

Twee sekuriteitswagte van die Fidelity groep is gedood toe ‘n geldwa en ‘n rugsteun voertuig deur 15 gewapende mans aangeval is.

Die rugsteun voertuig is aangeval en beide die twee wagte, ouderdomme 34 en 29, is in die aanval gedood. 9mm pistole en R5-gewere is gebruik.

Daar is gepoog om die geldwa  met plofstof oop te blaas maar toegang kon nie verkry word nie en geen geld is gesteel nie.

Die vraag is egter hoe weet die rowers wanneer en waar geld vervoer gaan word.