Suid-Korea le beslag op olietenkskip

Suid-Korea het bekend gemaak dat hy ’n olie vragskip gekonfiskeer het wat met sy vrag olie onderweg was na Noord-Korea terwyl die Verenigde Nasies ’n verbod geplaas het op uitvoere na die kommunistiese skiereiland.

Die optrede van Suid-Korea volg nadat Amerika die Sjinese regering daarvan beskuldig het dat hy nie die sanksie bevele van die Verenigde Nasies gehoorsaam nie.

Die Lighthouse Winmore vragskip wat onder die vlag van Hong-Kong vaar, is reeds geruime tyd onder beheer van die regering in Suid-Korea.

Die skip wat klaarblyklik deur ’n Taiwannese maatskappy, die Billions Bunker Group met 600 ton geraffineerde olie onderweg was na die skiereiland, word nou deur die Suid-Koreaanse regering aangehou ingevolge bepalings van die Verenigde Nasies.

Waarnemers wys daarop dat die vragskip blykbaar besig was om sy voorraad in internasionale water oor te pomp in ’n tenkskip van Noord-Korea.

Kenners meen egter dat die beslaglegging nie noodwendig korrekte optrede is nie aangesien die VN nie ’n algehele verbod op olie na Noord-Korea beveel het nie.

Sjina het egter die Amerikaanse beskuldiging verwerp en gesê hy het geen olie aan Noord-Korea verkoop of gelewer gedurende die afgelope twee maande nie.