Sean Maritz en McKinsey

 

Dit blyk dat Sean Maritz, geskrste waarnemende hoof van Eskom, ‘n brief onderteken het waarin bevestig word dat ‘n R1 miljard kontrak van McKinsey met Eskom wettig was.

In net meer as ‘n week het vyf Eskom werknemers se paaie geskei met die entiteit.

Anoj Singh, Prish Govender en Edwin Mabelane het bedank voor hulle verhoor kon plaasvind en Matshela Koko het sy saak na die arbeidshof geneem.

Eskom moet teen Woensdag volgende week hul tussentydse finansiële verslag voorlê, anders kan die JEB hul effekte opskort.