Ruolieprysverwagting?

Die Brent ruolieprys is tans die hoogste in drie jaar en het die afgelope week $70 per vat oorskry waarna dit tot $69 verlaag het.

Die Brentoliekartel, met Rusland wat vrywillig aan die ingekorte produksie deelneem, het te kenne gegee dat die dreigende hoër olieproduksie deur die VSA en Kanada nie as tè ernstig beskou word om pryse te laat verlaag nie. Daar word geredeneer dat die vraag na olie sal toeneem weens die wêreld se ekonomiese herstel en die komende winter. Die kartel sal dus volhou met hulle ingekorte produksie ooreenkoms wat later vanjaar verval. ʼn Opec woordvoerder het te kenne gegee dat hulle intussen die pryssituasie dophou en nie sal wil sien dat die ruolieprys bokant $60 per vat vestig nie.

Die Opec lande se ruolieproduksie in 2016 was 34,1 miljoen vate. Hulle onderlinge ooreenkoms het dit tot ongeveer 32 miljoen vate laat verlaag wat die olieprys laat styg het.

Die mening van internasionale kundiges is dat die hoë olieprys teen die einde van die jaar kan begin daal en dalk al so vroeg as Junie vanjaar kan begin afwaarts beweeg..