Puigdemont weer Katalonië president

Carles Puigdemont moet soos voorheen, weer die minister-president van Katalonië wees, het die twee separatiste partye besluit nadat ooreengekom is om ’n nuwe regering te vorm.

Die twee politieke partye, Samen vir Katalonië en die Republikeine is dit eens dat Carles Puigdemont president van Katalonië moet bly.

Tydens ’n swierige dinee in Brussel, die Belgiese hoofstad, het die leiers van die twee partye ooreengekom oor wie president sal wees vir die tweede termyn van regering in die streek.

Die derde en waarskynlik die mees uitgesproke nasionalistiese party het ook ingestem dat Carles Puigdemont die president moet wees in die nuwe regering .

Die drie separatistiese politieke partye het as koalisievennote van die vorige bedeling, weer die verkiesing gewen wat deur die Spaanse regering gehou is in die verwagting dat die anti-separatiste wat lojaal aan die Spaanse regering is, die verkiesing sou wen.

Die eerste minister van Spanje het vroeër gesê dit is absurd om te dink Puigdemont kan vanuit België die streek regeer, en gewaarsku dat hy onverwyld in hegtenis geneem sal word as hy sou terugkeer na Katalonië.

Die separatiste is dit ook eens dat die vier voormalige ministers wat saam met die afgesette president Puigdemont uitgewyk het na Vlaandere, weer in hulle ampte herstel moet word.

Waarnemers sê die nuwe neiging van die separatiste sal die spanning verder verhoog tussen premier Rajoy van Spanje, en die leiers van Katalonië.

Dit is nie bekend wat Puigdemont se volgende skuif gaan wees nie, want eersdaags moet die parlement sy werksaamhede hervat, en moet hy sy intree toespraak lewer.

Foto – Carles Puigdemont