Pretoria polisie verdien kompliment

Die motorkaping waarin mev. Naomi van de Graaf die slagoffer was, se polisieoptrede van die Villieria polisiestasie verdien spesiale lof vir die doeltreffende en simpatieke wyse waarop die misdaad hanteer en opgelos is.

Die kaper is binne ʼn halfuur na die voorval net buite Mamelodi vasgetrek, wat minstens twintig kilometer is vanaf die woonbuurt is waar dit plaasgevind het.

Die kaper het probeer wegjaag en het toe beheer verloor oor die voertuig en dit op ʼn teerpaal “gebalanseer”. In die inhegtenisnemingsproses was dit nodig dat die polisie ferm moes optree en is die kaper se been in die proses gebreek.

Die voertuig is lig beskadig en alles in die voertuig kon terug gevind word by die voertuig op die arrestasietoneel nadat die slagoffer en haar man na die arrestasietoneel geneem is om hulle besittings uit die voertuig te neem.  Die kaper het op hierdie stadium met sy gebreekte been in die polisievoertuig in die warm son gesit.

Die kaper het grynslaggend in die voertuig gesit en die vermetelheid gehad om vir die slagoffer  te oogknip en ʼn soengebaar te stuur.

Dit is opmerklik dat twee verbygaande swartes na die slagoffer  gekyk en aan haar gesê het: “They are taking one of our brothers again”.