Plaasrassisme deur LUR

As daar ‘n boer in sy provinsie vermoor word, is die Gautengse LUR vir Landbou, Lebogang Maile, tjoepstil. Toe op ‘n 32-jarige plaaswerker wat ‘n trekker wou steel by Tarlton naby Krugersdorp doodgeskiet word, is hy onmiddellik reg met ‘n kommentar wat die moord op die vermeende dief veroordeel.

Daar is tans onsekerheid wie die werker geskiet het: daar is bewerings dat dit die eienaar was wat hom geskiet het toe hy die trekker wou steel, maar ander berigte dui daarop dat hy geskiet is deur ‘n sekuriteitsbeampte wat hom op heterdaad betrap het toe hy die trekker wou steel.

Maile sê die beskuldigde behoort nie op borgtog vrygelaat te word nie, omdat dit die spanning rondom die moord sal verhoog. Plaasterroriste word egter deurlopend wel op borgtog vrygelaat en waarnemers beskuldig die LUR daarvan dat hy ‘n nuwe plaasrassisme openbaar.

Foto: Lebogang Maile