Paniek onder Wes-Europese leiers oor immigrante

Die leiers van sewe lande in die westelike deel van Europa het in Rome byeengekom om die immigrante krisis en beleid van die Europese Unie te bespreek.

Die immigrante kwessie is hoog op die prioriteitslys van baie Europese lande, en die sewe leiers van Siprus, Frankryk, Griekeland, Italië, Malta, Portugal en Spanje het verlede week gevra dat die Europese Unie verbeteringe moet instel om die immigrasie beleid meer aanvaarbaar te maak vir die Europese burgers.

Die sewe leiers het in ’n gesamentlike verklaring hulle is sterk ingestel daarop om ’n algemene verbetering van die EU se immigrasie beleid te verseker.

Hulle wil sien dat die buite grense van Europa versterk word met maatreëls om mense smokkelaars en onaanvaarbare immigrante terug te stuur na hulle verskillende lande  van herkoms.

Die eerste minister van Griekeland, Alexis Tsipras, het gesê ’n beleid moet daargestel word wat die lande wat die meeste probleme met immigrante ondervind, sal help om ’n beter bedeling te kry, en daarvoor moet die lande saamstaan.

Dit is egter merkwaardig dat die grootste yweraar om derduisende immigrante toe te laat in Europa, kanselier Angela Merkel van Duitsland, afwesig was by die samesprekings.

Politieke ontleders is van oordeel dat die sewe leiers bevrees is dat hulle verkiesings kan verloor of baie swak vaar en in posisies beland soos wat Merkel tans beleef.

Foto – Leiers uit Wes-Europa