Oproep om Oostenryk te boikot

Die verkiesing van die jeugdige Sebastian Kurz as die jongste kanselier wat ooit in Oostenryk verkies is, en sy koalisie ooreenkoms met die nasionalistiese party het linkses in Europa laat regop sit.

’n Internasionale boikot teen Oostenryk se nuwe kabinet word nou in talle dagblaaie gepropageer met versoeke dat die “verregse Vryheidsparty” die sentrale teiken moet wees wat geboikot moet word.

In ’n poging om geloofwaardigheid, steun en uitvoerbaarheid aan so ’n boikot te gee, is die handtekening van verskeie Europese leiers ingesamel, waarvan Frankryk se  Bernard Kouchner en selfs Kanada se voormalige premier, Kim Campbell, betrek is.

Propaganda word nou gemaak om Oostenryk se aanwys as president van die Europese Unie gedurende die tweede helfte van 2018, gekortwiek moet word weens die “verregse regering” van die land.

Die voormalige wenner van die Nobel Prys vir Vrede, Jose Ramos-Horta, word ook ingespan om momentum te gee aan die boikot, terwyl die Oostenrykers as Nazi’s bestempel word.

Analiste wys egter daarop dat die sentimente in die Europese Unie na regs beweeg, en met politici in Frankryk en Duitsland wat herhaaldelik hulle steun na die nasionaliste se kamp geneem het, word die boikotaksie nie van belang geag nie.

Die uiters konserwatiewe regerings in verskeie lande soos onder meer Pole, Hongarye, en Serwië skakel ’n suksesvolle linkse aanslag uit.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz