Oos-Kaap roep Kubane in

Die Oos-Kaap onderwys departement het by implikasie erken dat hulle onderwysers nie in staat is om kinders te onderrig nie. Hulle gaan nou Kubaanse opvoeders invoer om kinders in veral wetenskap en wiskunde te onderrig.

Onderwyskenners is verstom oor die stap en vra of dit die pad is wat onderwys in Suid-Afrika gaan loop?  Waar is die sogenaamde gekwalifiseerde onderwysers vanuit die universiteite?

Die groot probleem in “swart” skole is volgens kenners om die onderwysers by die skool te kry, dan om hulle in die klas te kry en laastens om hulle sover te kry om die kinders te begin leer.  Dit is hoekom “Engelstalige” leerlinge in Afrikaanse skole wil skoolgaan, want in hul eie skole heers Afrika tyd en mentaliteit.