Nuusflitse

Nog toeriste beroof

‘n Britse egpaar is in Port Elizabeth beroof deur ‘n gewapende man.  Die rower het weg gehardloop en is later in ‘n taxi voorgekeer. ‘n Skoot is deur die rower afgevuur en een van die omstanders is gewond. ‘n Privaat sekuriteitsmaatskappy het die verdagte later gearresteer. Op 4 Januarie is ‘n 23-jarige man gearresteer nadat hy by ‘n bank in Port Elizabeth ingebreek het.

 

EFF lid geskors

Die EFF het een van hul lede, ene patrick Sindane,  geskors nadat daar bewerings aan die lig gekom het dat hy ‘n vrou aangerand het in Soweto.

 

Landdros geskiet

‘n Vyftigjarige landdros van Cullinan is buite sy huis in Bronkhorstspruit geskiet.  Hy is vier keer in sy voertuig geskiet nog voordat hy sy huis kon betree en is dood verklaar op die toneel.  Dit is onbekend of sy dood verbind kan word met enige sake wat hy verhoor.