Noord-Korea se missiel-blaps

Die Noord-Koreaanse kernwapen en ballistiese missielprogram het nie sonder terugslae plaasgevind wat deeglike geheimhouding verg nie.

Tydens een van die toetsprogramme is ’n missiel deur Pyongyang lanseer wat egter ’n totale mislukking is, maar wat nêrens gerapporteer is in die media nie.

Slegs een koerant in Brittanje het beweer dat die een missiel se lansering totaal verkeerd gegaan het en ’n dorp met ’n inwonertal van 200 000 getref het.

Satellietfoto’s wat gepubliseer is toon dat ’n groot deel van die dorp in Noord-Korea  in puin gelê is toe die missiel slegs sowat 35 kilometer afgelê het op 28 April verlede jaar.

Die dorp Tokchon wat ten noorde van die hoofstad Pyongyang geleë is, het ’n gevoelige slag gekry, maar die kommunistiese owerheid swyg oor die aantal inwoners wat dalk omgekom of beseer is.

Die Hwasong KN-17 middelafstand missiel wat in April afgevuur is vanaf die Pukchang Airfield is waarskynlik die grootste blaps wat tydens die toetsprogram gemaak is.

Waarnemers sê dit is nie die enigste mislukte lansering wat plaasgevind het nie, maar die breër besonderhede van wat verkeerd gegaan het, en wat in die proses beskadig is, word op tipiese kommunistiese wyse verswyg en slegs ontken as dit nodig is.