Nieu-Seeland premier is swanger

Die nuutverkose eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het bekend gemaak dat sy ’n baba verwag in Junie en dat sy soos ander verwagtende moeders ook ’n tyd lank met verlof sal wees.

Sy het tydens haar verklaring gesê sy sal, soos duisende ander werkende vroue, haar pligte voortsit as professionele werker en opvoeder van haar baba.

Sy het erken dat sy soos baie ander getroude paartjies, twee hoede sal dra, een as premier en die ander as moeder van haar huishouding, terwyl haar lewensmaat steeds voortgaan as “eerste visserman en die huisman” wat na die belangrikste dinge in en om die huis sal omsien.

Die 37-jarige premier het die regering se leisels oorgeneem nadat sy as leier van die Arbeidersparty verkies is en in Oktober verlede jaar tot premier verkies is.

Sy het glo twee weke voor die verkiesing uitgevind dat sy verwagtend is, maar dit nou eers amptelik bekend gemaak.

Die adjunk eerste minister, Winston Peters, sal waarneem vir minstens ses weke wanneer sy met kraamverlof is.

Foto – Jacinda Ardern