Naeltjies: Die welriekende krui met vele gebruike

Naeltjies is baie bekend een die ouer geslag en het sommer vele gebruike. Naeltjies is die aromatiese blomknoppe van die naeltjieboom (Syzygium aromaticum). Dit is in die familie Myrtaceae en die rang is Myrtales. Die spesie S.aromaticum beskryf ook sommer die aromatiese geur van hierdie spesery.

Dit is inheems van die Molukke eilande en Indonesië. Dit word oral in die wêreld gebruik as ‘n spesery met smaak. Daar is natuurlik baie mense wat glad nie van die smaak van naeltjies in kos hou nie, maar dit smaak vorentoe in hoendergeregte en ook in blatjang en atjar en kerrieperskes.

Naeltjies word kommersieel geoes in Indonesië, Indië, Madagaskar, Pakistan en Tanzanië, waar die inwoners meestal kerriegeregte eet. Die grootste produsent van naeltjies is Pemba eiland naby die kus van Tanzanië.

Naeltjiebome groei 8 – 12 meter hoog en is ‘n immergroen plant. Dit het groot blare wat spiesvormig is met duidelike are op die donker blare. Die stammetjies is lank en dun. Die blomme is in terminale trossies gegroepeer. Die blomknoppe het aanvanklik ‘n ligte kleur wat geleidelik groen word en dan na ‘n helder rooi verander wanneer dit gereed is om geoes te word. Naeltjies word donkerbruin wanneer dit droog is. Dit word geoes sodra die naeltjies 1,5 tot 2 cm lank is. Elke naeltjie bestaan uit ‘n lang elk wat eindig in ver verspreide kelkblare en vier ongeopende blare wat ‘n klein sentrale bal vorm.

Dit word hoofsaaklik gebruik in voedsel. Naeltjies kan ook gebruik word vir tandpyn. Die olie wat in die naeltjies voorkom, verlig die tandpyn wanneer dit in die seer tand gedruk word.  Wanneer dit met water soos tee getrek word, sal dit koors verlig en die naeltjie olie sal ook help om muskiete weg te hou wanneer dit op die vel aangewend word. Naeltjie olie word ook gebruik in die voorbereiding van ‘n paar tandepastas, lakseermiddels en kan aan mondseertjies gesmeer word. Naeltjies kan ook in die mond geplaas word om asem te verfris.

Tuingroete tot volgende keer