Matrieksertifikate vervals

Die agtergrond keuringsmaatskappy, Managed Integrity Evaluation (MIE), het gewaarsku dat werkgewers en veral hoër opvoedkundige instellings op die uitkyk moet wees vir persone wat hul matriekuitslae “aanpas”.

Net meer as 144 000 van die 650 000 matrikulante wat geslaag het in 2017,  het universiteitstoelatings gekry.

MIE het in hul ondersoek in 2017 getoon dat daar ‘n toename is in gevalle waar vals of gedokterde matrieksertifikate aangebied word by werkgewers en onderwysinstellings.

Werkloosheidsyfers vir die ouderdomsgroep 15 tot 24 jaar staan tans op 38% en die syfer gaan aansienlik styg met die 500 000 nuwe werksoekers wat bykom.