Malema weer besig met opstokery

Die jaar het sopas begin en Julius Malema is weer besig met opstokery.

Malema het ‘n beroep gedoen op alle matrikulante wat sopas hul eksamens afgelê het, sowel as mense wat voorheen matriek geslaag het maar geen geld gehad het vir verdere studies nie, om by universiteite te gaan aanmeld vir hul “gratis tersiêre” onderrig.

Hy het hierdie gaping gebruik na Jacob Zuma se onbesonne aankondiging van gratis tersiêre onderrig, waarvoor daar nog geen geld begroot is nie.

Universiteite vrees geweld na die aankondiging, omdat die meeste reeds vol is nadat vooraf keuring gedoen is en hulle nie net nuwe kandidate wat voor die hek opdaag, kan toelaat nie. Die EFF het gesê hulle sal die universiteite se hekke beman om toe te sien dat die voornemende studente wel toegelaat sal word.