“Maak gronddiewe en hul kinders dood”

Die sogenaamde hoofstroom media, met Netwerk24 aan die voorpunt, maak weer groot gewag van mense wat in ‘n oomblik van uiterste frustrasie die sogenaamde k-woord gebruik.

Dit is egter die sosiale media wat ongebreidelde rassehaat teen blankes moet ontbloot en waaroor die hoofstroom media gerieflikheidshalwe swyg.

In Vanderbijlpark is ‘n klagte van crimen injuria teen mnr. Ruan Meintjes gemaak nadat hy op sosiale media gesê het: “Nou staak di munisipaliteit by rand water. Dis lyk my al manier wt n k****** verstaan. Die opmerking volg nadat die burgemeester van Emfuleni bepaalde paaie versper het.

In Edgemead in Kaapstad het ‘n man uit frustrasie sy bure ook die k-woord toegesnou nadat die bure se kinders skynbaar ‘n stryery met sy kinders begin het. Hy het later verskoning gevra, maar dit is nie aanvaar nie en hy is by die Gelykheidshof en die polisie aangekla.

Daarteenoor het ene Makhwela Lefty Monyela op sosiale media gereageer op die dood van die plaaswerker wat doodgeskiet is by Fochville toe hy ‘n trekker wou steel. Hy sê om ‘n trekker te steel is niks. Wittes het die grond gesteel en daarom moet almal van hulle uitgeroei word, saam met hulle kinders en hulle nageslag.

Sover is dit nog nie bekend of daar enige klagte teen hom gemaak is nie.