Lesufi dagvaar Afrikaanse skool

Die omstrede en Afrikaner-vyandige Gautengse LUR vir onderwys, Panyazu Lesufi, het hom tot die hof gewend in ‘n aansoek teen Hoërskool Overvaal nadat die skool geweier het om 55 bykomende leerlinge in te neem op grond van hul taalbeleid.

Die departement sukkel om nog 31 000 leerlinge te plaas voor die skole heropen.

Overvaal is bereid om Afrikaanssprekende leerlinge in te neem maar Lesufi beskou dit as diskriminasie.

Die skole oorlog het sopas begin met die departement se voorgestelde wetswysiging wat magte van beheerliggame gaan inkort.

Waarnemers wys op die belofte van die NP se “eie skole” belofte wat besig is om tot sy volle konsekwensie te kom.  Ouers wat nog staatmaak op “ons Hoof” en “ons beheerliggaam” is in vir ‘n skok.

Daar word verwag dat CVO skole ‘n toename in aansoeke sal ontvang waar ouers nie langer multikulturele onderrig deur multikulturele personeel gaan aanvaar nie.