Italië gereed vir 2018 verkiesing

Die Italiaanse president het reeds die weg gebaan vir ’n algemene verkiesing en vroeë meningspeilings in die land dui daarop dat ’n taai en moeilike stryd gevoer gaan word met aspekte soos die EU en die Italiaanse ekonomie as hoofpunte.

Konserwatiewes hamer nou reeds op die onstabiliteit van die Europese Unie (EU) en maak voorbrand dat die Maart 2018 verkiesing van deurslaggewende belang is vir die ekonomiese stand.

Italië se verkiesing is geskeduleer vir 4 Maart 2018 in die verskillende streke, maar die finale rondte moet in Mei afgehandel word.

Die Italiaanse ekonomie is die vierde grootste in Europa, en waarnemers het hulle kommer uitgespreek dat die uitkoms van die verkiesing ’n “hangparlement” kan meebring weens die sterk steun wat die konserwatiewe “Vyf Ster Beweging” tans geniet.

Indien die verkiesing wel ’n hangparlement teweegbring gaan Italië ’n baie moeilike tyd binne om ’n koalisieregering saamgestel te kry.

’n Politieke ontleder, Wolfango Piccoli, meen dit kan selfs onmoontlik wees om ’n meerderheidsregering saamgestel te kry, en verskeie ander meningsvormers sê dit kan meebring dat Italië, soos Spanje, deur ’n minderheidsregering bestuur word.

Die linkse Demokratiese Party wat gehoop het om weer die verkiesing te wen, se steun het volgens die jongste peiling, met meer as 23% gedaal, en het boonop gedurende die afgelope jaar ’n interne rusie gehad wat ’n skeuring veroorsaak het.

Die konserwatiewe Silvio Berlusconi, ‘n voormalige eerste minister, geniet sowat 16% steun, en met die steun van die Noordelike Liga se 13% en die Broers vir Italië met hulle 5% steun kan hulle dit dalk net maak as nuwe nasionalistiese regering.

Dit bly egter ’n onbeantwoorde vraag of die konserwatiewes hulle verskille kan bylê en ’n stabiele regering saamstel.

Foto – Italiaanse vlag