Hongarye: Julle wou immigrante hê, ons nie!

Tydens ’n onderhoud met ’n Duitse dagblad, het die Hongaarse premier, Viktor Orban sy land se teenkanting teen die Europese Unie se immigrante beleid verdedig.

Hy het die vlaag van immigrante wat na Europa stroom, uitgewys as Moslems wat nie tuis hoort in Europa nie.

Die nasionalistiese premier is bekend daarvoor dat hy hewig gekant is teen die Europese Unie se immigrante beleid wat “die soewereiniteit en kulturele identiteit” van Hongarye bedreig.

“Ons sien nie die onwettige immigrante as Moslem vlugtelinge nie, ons sien hulle as Moslem indringers”, het die eerste minister gesê.

Vroeër het premier Orban gesê die EU se immigrante beleid het klaaglik misluk, en waarnemers sê dit is waarskynlik die rede waarom kanselier Angela Merkel so swak gevaar het in die Duitse verkiesing van September.

Premier Orban het die EU gewaarsku dat hy sy vetoreg sal gebruik indien strafmaatreëls teen Pole ingestel sou word wat nuwe wetgewing ingestel het sodat die parlement die regters in Pole aanstel.

Orban het in die onderhoud ook gesê Duitsland en die EU leiers wou die immigrante hê, en beslis nie Hongarye nie, en daarom moet daarom nie van hom verwag word om die Moslems met ope arms te ontvang in sy land nie.

Foto – Premier Viktor Orban