Hernude spanning ontwikkel in Katalonië

Spanning is weer aan die oplaai in Spanje sowel as in Katalonië nadat die afgesette president van die streek, Carles Puigdemont, in sy Nuwejaarsboodskap geëis het dat Spanje die vorige streeksregering herstel in hulle amp.

Puigdemont se in sy boodskap aan die volk van Katalonië dat onderhandelinge geëis word van Madrid, asook die herstel van die regering in Katalonië.

Die eis van die voormalige president is in kontras met die opmerking van die Spaanse eerste minister wat vroeër gesê het “dit is absurd” om te dink Puigdemont kan vanuit België die streek regeer, en indien hy sou terugkeer sal hy in hegtenis geneem word.

Die sterk standpunte van beide leiers het die spanning onder die bevolking van Katalonië laat toeneem, en die Spaanse regering, wat gehoop het om die verkiesing wat op 21 Desember gehou is te wen, het klaaglik misluk.

Met die verkiesing het die separatiste weer eens gewen, en het die drie partye weer ’n gesamentlike meerderheid van 5 setels behaal en daarmee verseker dat hulle die regering kan saamstel.

Foto – Separatiste leier Puigdemont