Google verdra nie blanke werkers nie

’n Voormalige ingenieur wat by die Internetreus, Google, werksaam was, is volgens homself afgedank omdat hy ’n konserwatiewe uitkyk het en boonop ’n blanke is.

Die ingenieur het besluit om dit nie daar te laat nie, en gaan die werkgewer hof toe sleep in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië , met ’n klag dat hy afgedank is omdat hy blank is en ook konserwatief is in sy lewensbeskouing, en daarby ook ’n uiters gedissiplineerde persoon is.

Die man bewer ook dat hy ’n slagoffer geword het wat moes werk in ’n klimaat wat waarskynlik deur Google geskep is waar sy kollegas mee kon saamleef.

James Damore is afgedank nadat hy in ’n memorandum geskryf het van die diversiteit van die werkgewer wanneer ’n vraag gestel word en beweer het dat vroue nie altyd goed genoeg geag word om sekere werk te verrig nie.