Gewelddadige protes breek los in Iran

Betogings teen die regering van Iran het gelei tot die vertoon van talle beelde op die sosiale media van hoe mense skietwonde opgedoen het tydens vreedsame optogte wat later ontaard het.

Die nuusagentskap Reuters berig dat twee protesteerders in die westelike deel van Iran doodgeskiet is en verskeie ander het skietwonde opgedoen.

Beeldmateriaal toon hoe twee jongmense op die grond lê en die polisie hulle koelbloedig doodskiet.

Die geweld wat losgebars het in die stad Dorud word beskou as die ergste in jare, en die polisie het nie gehuiwer om met lewendige ammunisie los te brand op die betogers nie.

Die voorval het gelei tot uitgebreide betogings in die groot stede van Iran, en waarnemers sê dit kan ’n onbeheerbare situasie word as die polisie nie meer simpatiek optree nie.

Die BBC berig egter dat betogers aanvalle uitgevoer het op regeringsgeboue wat die polisie genoodsaak het om op te tree, maar die optrede behoort volgens kenners sonder lewendige ammunisie gedoen te word.

Die betogings gaan blykbaar om hulle eis dat ’n politieke gevangene vrygelaat moet word en skree slagspreuke teen president Hassan Rouhani wat verantwoordelik is vir bepaalde hervormings in die land.