FBI ondersoek Clintons oor korrupsie

Die Amerikaanse FBI het reeds vir geruime tyd die voormalige president, Bill Clinton, se Clinton Stigting gemoniteer vir moontlike korrupsie.

’n Ondersoek wat nou gedoen word deur die FBI handel oor moontlike politieke gunsies in ruil vir gawe donasies aan die Clinton Stigting.

Politieke ontleders sê dit is merkwaardig dat selfs die vêrlinkse CNN en die New York Times hoë prioriteit gegee het aan die beskuldigings wat teruggevoer word van 2009 tot 2013 toe Hillary minister van buitelandse sake was.

’n Woordvoerder van die Clinton Stigting het egter die bewerings ontken en gesê die Stigting is reeds herhaalde kere geteiken en al die beskuldigings is verkeerd gewees.

Die Clinton Stigting word deur Bill Clinton , sy vrou, Hillary, en hulle dogter Chelsea bedryf, en was reeds verskeie kere onder die soeklig met hulle bedrywighede in ander lande.

Intussen gaan ondersoeke glo voort na die Stigting se betrokkenheid tydens die 2016 presidentsverkiesing veldtog waartydens Hillary Clinton as wenner voorgehou is deur CNN en ander mediagroepe in Amerika.

’n Haatveldtog teen president Trump het losgebars toe hy met ’n groot meerderheid die verkiesing gewen het, wat politieke ontleders laat twyfel het oor die objektiwiteit van die linkse media in Amerika.

Foto – Clinton egpaar