Dit sneeu in die Sahara woestyn

Alhoewel dit nie die eerste keer is nie, bly dit ’n vreemde verskynsel toe inwoners die afgelope week moes sien dat die Sahara woestyn op plekke wit geklee is in ’n sneeu kombers.

Die inwoners van die stad Aïn Sefra het in opgewondenheid ’n sandduin bestorm en begin om ’n sneeuman te bou.

Die merkwaardige is dat sneeu in die gebied ook in 1979, 2005, 2012, 2016 en 2017 geval het en die rooisand met ’n nuwe kleur bedek het.

Die sneeu val in die stad en die omgewing omdat dit geleë is op die hoogtes van die Atlas gebergte waar dit redelik gereeld sneeu.

Die sneeu bring dikwels verligting vir die streek waar dit meestal baie droog word, maar die neerslag is nie swaar nie en smelt gou in die droë klimaat.