Cyril wys ware kleure

Volgens die nuwe ANC-president, Cyril Ramaphosa, kan Suid-Afrika in die tuin van Eden verander met die beleid van grondgryp sonder vergoeding.

Dit is sy woorde tydens ‘n toespraak in Nongoma waar die ANC grootkoppe gaan “hulde” bring het aan die Zoeloekoning.

Goodwill Zwelethini, wat miljoene  rande se belastinggeld jaarliks opslurp, het Ramaphosa aangemoedig om die beleid uit te voer.

Ramaphosa het met die koning gedans en geskenke van vee is oorhandig.

Die regerende party het dan ook aangekondig dat die land se Grondwet verander gaan word om die poses van wegneem van grond sonder vergoeding te wettig en moontlik te maak.

Diegene wat so gejubel het oor die nuwe ANC president, begin nou reeds ontnugter word met hom en besef dat daar nie noemenswaardige verandering gaan wees teenoor Jacob Zuma nie.