Christiana munisipaliteit gesluit

Die Lekwa Teemane-munisipaliteit wat Christiana insluit is sedert die begin van die week gesluit

Sedert die vorige munisipale bestuurder afgedank is omdat dit geblyk het dat hy nie die regte kwalifikasies gehad het nie, is daardie pos en drie ander senior poste steeds nie gevul nie. Dit het skynbaar gelei tot swak of geen dienslewering, en die inwoners het reg in eie hande geneem en die kantore gesluit.

Die inwoners eis ‘n gesprek met die uitvoerende burgemeester, wat tot dusver nog nie kans gesien het daarvoor nie.