Wittes het grond gesteel – Nkosazana

Die ANC se aspirantkandidaat vir die leierskapspos, Nkosazana Dlamini-Zuma, het sonder omhaal van woorde dit reguit gesê dat wittes die grond gesteel het van swartes en die land beroof het.

Sy kritiseer blankes wat radikale transformasie teenstaan en sê dat sou sy verkies word as president, sy blankes op ‘n bustoer sal neem om te wys hoe swaar swartes leef in informele plakkerskampe. Sy sal beslis radikale ekonomiese transformasie toepas as sy president sou wees.

Ontleders wys egter daarop dat die grootste groei van plakkerskampe plaasgevind het sedert die ANC die bewind oorgeneem het.

Daar word egter gevrees dat Dlamini-Zuma baie vinnig grondonteiening sonder vergoeding sal toepas as sy president sou word.